Repelsteeltjie
Tydsduur: 24m 27s
Ouderdomsbeperking: Geen
Sir. Randolph vorder belasting namens koning Frederik Ferdinand in. Die ou man kan weens ‘n swak oes nie belasting betaal nie. Sir. Randolph neem die man se dogter as vergoeding want die ou man het gesê sy dogter kan strooi spin dan verander dit in g...
Repelsteeltjie
Sir. Randolph vorder belasting namens koning Frederik Ferdinand in. Die ou man kan weens ‘n swak oes nie belasting betaal nie. Sir. Randolph neem die man se dogter as vergoeding want die ou man het gesê sy dogter kan strooi spin dan verander dit in goud. Otto en Krokkie sien hoe Sir Randolph die ou man se dogter neem as vergoeding. Krokkie en Otto sê vir die ou man hulle sal sy dogter gaan haal. Sir. Randolph sê vir die koning dat die meisie strooi kan spin en dit dan in goud verander. Die meisie kan nie, maar ‘n dwergie verskyn en sê hy kan haar help. Die meisie is baie dankbaar vir die hulp, maar sal later wel baie spyt wees omdat sy ‘n prys sal moet betaal wat te hoog is. Kan en Krokkie en Otto die meisie uit hierdie penarie help?