Rip van Wyk

Vrygestel: 1960
Tydsduur: 1h 23m
Ouderdomsbeperking: Geen
‘n Vrystaatse boer slaap vir 100 jaar, en toe hy wakker word bevind hy hom op ‘n yslike dorp wat intussen op sy plaas ontstaan het. Hy poog om die ontwikkelinge te begryp en by die moderne lewe aan te pas. Die storielyn is gegrond op die sprokie va...

‘n Vrystaatse boer slaap vir 100 jaar, en toe hy wakker word bevind hy hom op ‘n yslike dorp wat intussen op sy plaas ontstaan het. Hy poog om die ontwikkelinge te begryp en by die moderne lewe aan te pas.

Die storielyn is gegrond op die sprokie van Rip van Winkel. Dit was die eerste rolprent wat die filmmaker, Emil Nofal, vervaardig het. Die regisseur en hoofrolspeler was Jamie Uys. Uys is vir sy spel in die fliek deur die Royal Society of Arts in Londen met die Statebondstoekenning van 1960 bekroon.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.