Sarie Marais

Vrygestel: 1949
Tydsduur: 1h 9m
Ouderdomsbeperking: Geen
Suid-Arika is ‘n land van volksliedjies, en dit is duidelik dat sommige geïnspireer is deur die skoonheid van die veld en die land wat die natuur se gawe aan die Volk is. Die beroemdste van die liedjies is Sarie Marais, en dit is op die woorde van h...

Suid-Arika is ‘n land van volksliedjies, en dit is duidelik dat sommige geïnspireer is deur die skoonheid van die veld en die land wat die natuur se gawe aan die Volk is.
Die beroemdste van die liedjies is Sarie Marais, en dit is op die woorde van hierdie onverganklike lied waarop die film met dieselfde naam gebaseer is.

Johan en Sarie was as kinders onafskeidbaar. Johan se pa sterf weens siekte en Johan gaan woon by familie. Wanneer hy ná 12 jaar terugkeer is hy verbyster wanneer hy besef dat baie dinge intussen verander het.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.