Ses Soldate

Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 34m
Ouderdomsbeperking: Geen
Vyf jong manne rapporteer by ’n opleidingskamp in Kimberley vir verpligte diensplig. Hier word hulle blootgestel aan die ongenaakbare lewe van ’n troep onder opleiding van ’n genadelose sersant-majoor. Die vyf manne word goeie vriende en vorm ’n hegt...

Vyf jong manne rapporteer by ’n opleidingskamp in Kimberley vir verpligte diensplig. Hier word hulle blootgestel aan die ongenaakbare lewe van ’n troep onder opleiding van ’n genadelose sersant-majoor. Die vyf manne word goeie vriende en vorm ’n hegte band wat soms selfs die genadelose sersant-majoor insluit. Wanneer die sersant-majoor in die bres tree vir die sagte een van die vyf word hy gedegradeer. Die vyf troepe en die gedegradeerde sersant-majoor stem vrywillig in om aan te meld vir diens op die grens. Gedurende een van hul missies bevind hulle hulself diep in die vyand se gebied en is afgesny van ondersteuning. Hulle is desperaat om terug te keer na hul basis, maar kom in kontak met die vyand en twee van die troepe sowel as hul sersant-majoor sterf in kruisvuur.

*Neem asseblief kennis dat hierdie film uit die argief kom en dat dit in standaard definisie verfilm was, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie.

Ons is baie trots op ons biblioteek van Afrikaanse kykgenot uit die argiewe, geniet die nostalgie saam met ons.