Siembamba
Siembamba
Chloe van Heerden (19) is oorweldig deur die geboorte van haar eersteling en keer terug na haar tuisdorp, Eden Rock. Sy poog daagliks om die uitdaging van ma-wees te bemeester,
maar haar baba se aanhoudende gehuil, skuldgevoelens en paranoia lei daartoe dat Chloe in ‘n diep en donker depressie verval. Haar instink om haar baba te beskerm veroorsaak dat sy gevaar in elke situasie sien.
Chloe is beangs en voel oorweldig en haar ma stel voor dat sy die sielkundige, Dr. Timothy Reed (40) besoek. Dr. Reed skryf haar gevoelens van hulpeloosheid en angs toe aan nageboortelikedepressie. Chloe se gedagtes word toenemend donkerder en meer geweldadig, sy begin stemme hoor, sy hoor ook heeltyd ‘n kinder wiegeliedjie en sy sien drogbeelde van ‘n vreemde entiteit in die teenwoordigheid van haar baba. Oortuig daarvan dat hierdie entiteit ‘n realiteit is doen Chloe alles in haar vermoë om haar baba te beskerm. Chloe se psigose neem toe en sy is oortuig daarvan dat almal om haar teen haar draai. Sy is desperaat en vind vertroosting in die arms van haar jeugvriend, Adam Hess (20).
Chloe se wêreld stort ineen en dit is vir haar duidelik dat sy en haar baba in dreigende gevaar verkeer ... maar wat en wie presies is hierdie gevaar?
Word Chloe deur die bose geteister of is dit ‘n geval van nageboortelikedepressie?
Afrikaners is plesierig … selfs in Engels!
Oor die jare heen het die Afrikaanse skeppers van kykvermaak hul tone ook in die Engelse poel gesteek. Trots Afrikaanse mense, onder andere Jamie Uys, het nie hul skeppende talente beperk tot Afrikaans nie, en aangesien daar geen einde aan hul artistieke vermoëns is nie, het hulle kykgenot in Engels ook vervaardig.
Ons bring nou ook vir jou Engelse films wat met ‘n Afrikaanse aanslag deur trots Afrikaanse mense vervaardig is!