Snip en Rissiepit

Vrygestel: 1973
Tydsduur: 1h 40m
Ouderdomsbeperking: Geen
Christina, ’n hardkoppige rykmansdogter en Jurie Anker, ‘n maplotter, se paaie kruis wanneer hulle ná ‘n universiteitsvakansie op die stasie ontmoet. Hulle kan mekaar nie verdra nie, maar kan ook nie wegbly van mekaar nie en kort voor lank gee hulle ...

Christina, ’n hardkoppige rykmansdogter en Jurie Anker, ‘n maplotter, se paaie kruis wanneer hulle ná ‘n universiteitsvakansie op die stasie ontmoet. Hulle kan mekaar nie verdra nie, maar kan ook nie wegbly van mekaar nie en kort voor lank gee hulle vir mekaar die byname Snip en Rissiepit. Christina se ouers keur nie die verhouding met Jurie goed nie en doen alles in hul vermoë om seker te maak dat Snip en Rissiepit nie hul verhouding voortsit nie. Kraai rebelleer en knoop ‘n katastrofiese verhouding aan met die baie jaloerse, ongure Piet Stadler, maar steeds kan Christina nie ophou hunker na Snip nie.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.