Stadig Oor die Klippe

Vrygestel: 1969
Tydsduur: 1h 31m
Ouderdomsbeperking: Geen
Boetie Vlenters is ’n sukkelende privaat speurder wat van saak tot saak voortsukkel. Sy pad kruis voortdurend met dié van 'n bende diamantdiewe. Onder die indruk dat Boetie ’n briljante speurder is, besluit hulle om van hom ontslae te raak, telkens m...

Boetie Vlenters is ’n sukkelende privaat speurder wat van saak tot saak voortsukkel. Sy pad kruis voortdurend met dié van 'n bende diamantdiewe. Onder die indruk dat Boetie ’n briljante speurder is, besluit hulle om van hom ontslae te raak, telkens met skreeusnaakse gevolge.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.