Stilte
Stilte
Antoinette van Wyk is ‘n jong, mooi en talentvolle sangeres wat alles het om voor te lewe wanneer ‘n verskriklike tragedie haar tref. In ‘n geweldadige aanval in hul huis word beide haar ouers vermoor, en sy word vir dood agtergelaat. Sy besluit om te herstel van hierdie traumatiese insident op haar oom en tante se plaas in Oudtshoorn. Die herstelpad is nie maklik nie, sy weier om te praat weens die trauma wat sy ervaar het, en daarmee saam raak haar sangstem ook stil. Antoinette kommunikeer deur middel van haar notaboek, dit is ‘n bron van hartseer en kommer vir haar tante wat wil sien dat Antoinette weer gelukkig is. Een Sondag storm Antoinette uit die oggenddiens en word deur die jong Pastoor Pieter gekonfronteer. Antoinette stem in om Pastoor Pieter oor haar probleme te gaan sien. In ‘n emosionele oomblik belei sy aan Pastoor Pieter dat sy haar geloof in alles, en ook haar geloof in God verloor het. Sy praat! Sy het weer haar stem gevind! Hierdie dag merk ‘n keerpunt in Antoinette se lewe.