Tafeltjie Dek Jouaelf
Tafeltjie Dek Jouaelf
Krokkie en Otto se paaie kruis met dié van ‘n kleremaker wat ‘n waansinnige bok vir ‘n troeteldier het. In die teenwoordigheid van die kleremaker sit die bok nie ‘n hoef verkeerd nie, maar wanneer die bok by die kleremaker se seuns, Casper, Jan en Pieter is, is dit geheel en al ‘n ander storie. Die seuns versorg die bok mooi, maar die bok laat die kleremaker glo dat sy seuns hom mishandel. Die kleremaker was diep ontsteld omdat hy geglo het dat sy seuns amper die bok van die honger laat doodgaan het en daarom het hy besluit om sy seuns weg te stuur om geskoold te raak.
Krokkie en Otto oorreed die kleremaker om sy seuns te vergewe en hulle toe te laat om terug te kom huis toe. Die kleremaker se vrou is baie opgewonde toe haar man sê dat hy die seuns vergewe en dat hulle mag terugkom huis toe. Krokkie en Otto bied aan om die seuns te gaan haal.
Elke seun het by hul onderskeie leermeesters ‘n present gekry. Jan het ‘n wondertafel gekry wat homself kan dek en spys en drank te voorskyn bring. Pieter het ‘n donkie gekry wat hom van goue munte voorsien. Casper het ‘n bruin aartappelsakkie gekry.
Die seuns is vreeslik opgewonde toe Krokkie en Otto hulle vind en sê dat hul pa hulle vergewe en dat die broers saam met hulle moet terugkeer na hul ouerhuis. Elke seun bring sy spesiale geskenk saam met hom in die hoop dat hul ouers baie beïndruk sal wees met die geskenke wat hulle gekry het. ‘n Feesviering word gereël om die seuns se tuiskoms te vier en die seuns wil van die geleentheid gebruik maak om vir hul ouers wys wat hulle present gekry het. Wanneer die wondertafel nie homself dek en spys en drank te voorskyn bring nie, en die donkie nie goue munte produseer nie, is Krokkie en Otto suspisieus. Die gaste is teleurgesteld en die kleremaker beveel sy seuns om dadelik weer die huis te verlaat.
Krokkie en Otto besluit om vas te stel wat gebeur het toe die twee broers, Jan en Pieter, op pad huis toe by die herberg stilgehou het.