Tant Ralie Se Losieshuis

Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 31m
Ouderdomsbeperking: Geen
Twee susters, Mathilda en Rachel, koop ’n huis in Tamboerskloof, Kaapstad. Hulle ontdek dat ’n mooi jong kunstenaar, Boeboe, reeds in een van die kamers bly. Mathilda wil hê sy moet gaan, maar Rachel draai haar arm sodat Boeboe kan bly. ’n Ou visserm...

Twee susters, Mathilda en Rachel, koop ’n huis in Tamboerskloof, Kaapstad. Hulle ontdek dat ’n mooi jong kunstenaar, Boeboe, reeds in een van die kamers bly. Mathilda wil hê sy moet gaan, maar Rachel draai haar arm sodat Boeboe kan bly. ’n Ou visserman en ’n mediese student trek ook in die huis in. Wanneer die twee susters met ’n skok besef hulle moet ’n agterstallige paaiement betaal of hulle gaan uit die huis gesit word, spring elkeen in om geld bymekaar te maak.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.