Ter Wille van Christine

Vrygestel: 1975
Tydsduur: 1h 37m
Ouderdomsbeperking: Geen
Christine, ‘n verpleegster wat ‘n lidmaat van die Rooms-Katolieke Kerk is, veroorsaak ‘n opskudding in die NG gemeente in Swartruggens weens haar verhouding met ds. Paul Hofmeyer. Om dinge te vererger is ‘n dokter wat besig is om te skei boonop ook v...

Christine, ‘n verpleegster wat ‘n lidmaat van die Rooms-Katolieke Kerk is, veroorsaak ‘n opskudding in die NG gemeente in Swartruggens weens haar verhouding met ds. Paul Hofmeyer. Om dinge te vererger is ‘n dokter wat besig is om te skei boonop ook verlief op Christine. Die gemeente is verdeeld en dit is veral die Potgieters wat uit hul pad gaan om te verhoed dat Christine in die gemeente aanvaar word.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.