Treurgrond
Treurgrond
Lukas erf die Van Staden plaas van sy pa en sit die boerdery met harde werk en ‘n trotse hart voort, hy is ‘n man soos wat in Handelinge 10 vers 2 beskryf word:
“Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.”
Lukas doen sy deel vir sy gemeenskap en plaaswerkers, onderhou die skooltjie en betaal Juffrou Katie se salaris sodat die kindertjies onderrig kan word en sit voedsel op mense se borde. Ten spyte van sy oorlede pa en Lukas se welwillendheid teenoor die plaaswerkers, word daar ‘n grondeis teen Lukas se plaas ingesit.
Intussen neem die plaasmoorde in die kontrei waar Lukas boer toe en dit eis sy tol op die gemeenskap. Boere is in opstand weens die emosionele sowel as ekonomiese verliese wat gely word as gevolg van die sinnelose moorde. Hierdie is nie gewone moorde nie, hierdie moorde gaan meestal gepaard met ure se marteling, verkragting en mutilasie. Lukas se vrou vra: “Wie wil dan nog boer?” ... Lukas sê hy wil.
Elke Boer se bloed wat vloei soos ‘n vloed
vergiet in die aarde ...
daardie Boer was van onskatbare waarde.
•Treurgrond, het in 2018 by die jaarlikse “International Filmmaker Festival of the World” in Amsterdam, twee gesogte Internasionale toekennings ontvang. Treurgrond is aangewys as die beste internasionale film en Pierre Smith is vereer vir sy uitstaande kinematografie. Treurgrond was in 5 kategorieë benoem by hierdie filmfees, buiten die twee toekennings was Treurgrond ook benoem vir Beste Vroulike byspeler (Jana Strydom); Beste Regisseur (Darrell Roodt) en Beste Draaiboekskrywer (Tarryn-Tanille Prinsloo).
•Treurgrond is ook in 2016 vereer by die Richard Harris International Film Festival as Beste Film en was onder die benoemdes by die Huisgenoot Tempo Toekennings, SAFTA’s sowel as die Rapid Lion Filmfees.
•Treurgrond word beskou as een van Suid-Afrika se mees invloedryke films en maak steeds wêreldwyd opslae.