Vang vir My 'n Droom

Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 34m
Ouderdomsbeperking: Geen
Robbie, se liefde vir sy mak jagluiperd, Toppins, is vir sy ma ‘n bron van kommer. Sy pa, Bill, is ‘n wildbewaarder en só het dit gekom dat Robbie se beste maatjie ‘n jagluiperd is. Robbie se ma is nie ingenome met die feit dat Robbie nie ander maat...

Robbie, se liefde vir sy mak jagluiperd, Toppins, is vir sy ma ‘n bron van kommer. Sy pa, Bill, is ‘n wildbewaarder en só het dit gekom dat Robbie se beste maatjie ‘n jagluiperd is. Robbie se ma is nie ingenome met die feit dat Robbie nie ander maatjies buiten Toppins het nie. Wanneer Toppins onverklaarbaar verdwyn glo Robbie sy pa het sy beste maatjie weggegee. Robbie se ma reël dat Robbie na ‘n koshuis gaan sodat hy aan sport kan deelneem en maatjies kan maak. By die koshuis maak Robbie maats met ‘n dogtertjie, Jenny, wat net soos hy, ook ‘n alleenkind is. Wanneer Robbie sy geliefde Toppins in die reisende sirkus sien waar Jenny se ma werk is daar niks wat hom kan stuit om Toppins te bevry van die lewe in ‘n hok saam met ‘n reisende sirkus nie.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.