Vergeet My Nie
Vergeet My Nie
Adolf Preller word ná twee en ‘n half jaar in die tronk op parool vrygelaat. Adolf, oftewel Dolf, is ‘n stil jong man wat by homself hou en wat sy bes doen om sy paroolvoorwaardes na te kom. Sy lewe op universiteit beproef hom egter om elke hoek en draai. Met die intrapslag maak Dolf kennis met die man wat hy vermoor het se broer en dié belowe om sy lewe op kampus so onverdraaglik as moontlik te maak. Welma, ‘n talentvolle jong student met ‘n blink toekoms en boonop die rektor se dogter, het dadelik notisie geneem van Dolf.
Dolf se uitdagings staar hom een vir een in die oë, sal hy op die regte pad kan bly?
*Neem asseblief kennis dat hierdie film uit die argief kom en dat dit in standaard definisie verfilm was, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie.
Ons is baie trots op ons biblioteek van Afrikaanse kykgenot uit die argiewe, geniet die nostalgie saam met ons.