VICKI!

Vrygestel: 1970
Tydsduur: 1h 23m
Ouderdomsbeperking: Geen
Verslaggewer Flip Botha raak halsoorkop verlief op die beeldskone Vicki du Preez en kort voor lank swig sy voor sy sjarme. Vicki stel Flip aan haar ma voor wat dadelik ongemaklik is met haar dogter se nuwe liefde. Dit word vinnig duidelik dat Vicki s...

Verslaggewer Flip Botha raak halsoorkop verlief op die beeldskone Vicki du Preez en kort voor lank swig sy voor sy sjarme. Vicki stel Flip aan haar ma voor wat dadelik ongemaklik is met haar dogter se nuwe liefde. Dit word vinnig duidelik dat Vicki se ma vir baie jare met ‘n donker geheim saamleef en alles in haar vermoë doen om die verhouding tussen Vicki en Flip te beëindig.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.