Vlug van die Seemeeu
Vlug van die Seemeeu
Fritz Malherbe is ‘n beroemde dirigent en komponis. Ná ‘n verlowing van byna 4 jaar verbreek Leonie die verlowing omdat musiek Fritz se eerste liefde is. Fritz is ontsteld, drink homself dronk en veroorsaak ‘n tref-en-trap-ongeluk waarna hy tronk toe gestuur word. Ná hy weens goeie gedrag vroeër vrygelaat is kruis sy paaie met dié van “Skinny”. Albei reflekteer op die hartseer en verliese van hul lewens wat daartoe gelei het dat albei dakloos en doelloos is. Saam-saam poog hulle om die stukke van hul lewens op te tel.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.