Vrolike Vrydag die 13de

Vrygestel: 1969
Tydsduur: 1h 32m
Ouderdomsbeperking: Geen
Die meeste mense is maar skrikkerig vir enige Vrydag wat op die 13de val, maar vir Harry Hout is Vrydag die 13de inderdaad ‘n vrolike dag. Hout, ‘n onsuksesvolle assuransie verkoopsman, neem Peggy, wie se motor haar gestrand gelaat het, huis toe. Hie...

Die meeste mense is maar skrikkerig vir enige Vrydag wat op die 13de val, maar vir Harry Hout is Vrydag die 13de inderdaad ‘n vrolike dag. Hout, ‘n onsuksesvolle assuransie verkoopsman, neem Peggy, wie se motor haar gestrand gelaat het, huis toe. Hier ontaard Vrydag die 13de in ‘n vrolikheid wanneer Hans homself as ‘n psigiater voordoen en groot sukses daarmee behaal.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.