Droogte
Vrygestel: Onbekend
Tydsduur: 1uur 04min 31sek
Ouderdomsbeperking: Geen
Droogte is verfilm tydens die piek van die 2019/2020 droogte in die Noord-Kaap en demonstreer die boere se absolute magteloosheid en die verwoestende effek wat die droogte meebring wat al vanaf ongeveer 2013 heers.
Die Noord-Kaap is Suid-Afrika se gr...
Droogte is verfilm tydens die piek van die 2019/2020 droogte in die Noord-Kaap en demonstreer die boere se absolute magteloosheid en die verwoestende effek wat die droogte meebring wat al vanaf ongeveer 2013 heers.
Die Noord-Kaap is Suid-Afrika se grootste provinsie en beslaan ongeveer 30% van SA se oppervlak. Die populasie word beraam op ongeveer 1 miljoen mense. Die Noord-Kaap se landbousektor is verantwoordelik vir werkskepping, ekonomiese groei en voedselsekuriteit. Daar is ongeveer 10 000 plase wat 6 miljoen hektaar beslaan. Hierdie provinsie is veral bekend vir hul Karoo lam en skaap.
Die droogte duur ongenaakbaar voort en word geag die ergste droogte in 100 jaar te wees.
Episode Title
- 1

Droogte
1h 4m
Jou mense. Jou taal. Jou
Afrikaans.