In Ink Luister Stories - Hokaai, Stop die Troue!!

Vrygestel: Onbekend
Tydsduur: 27min 05sek
Ouderdomsbeperking: Geen
Die predikant is op die punt om die paartjie in die eg te verbind toe iemand by die kerk instorm en skree “Hokaai, stop die troue!’. Hierdie storie begin ‘n paar weke tevore, ver hiervandaan. Dit is die jaar 1979. Die somerson hang laag oor die Capri...

Die predikant is op die punt om die paartjie in die eg te verbind toe iemand by die kerk instorm en skree “Hokaai, stop die troue!’.
Hierdie storie begin ‘n paar weke tevore, ver hiervandaan.
Dit is die jaar 1979. Die somerson hang laag oor die Caprivi. Korporaal Nick du Toit trap die versneller van die weermag Jeep effens dieper in. Hy moet die basis bereik voor dit donker is, maar hy moet ook sy oë oophou, landmyne is ‘n algemene verskynsel op hierdie stukkie pad. Korporaal Gert de Beer kyk bekommerd vanuit die passasiersitplek na hom, maar hy sê nie ‘n woord nie. Gert sien iets wat langs die pad lê. Dit is ‘n tas. By die basis maak Nick en Gert die tas oop. Nick keer die tas op die bed om en ‘n klomp briewe val op die bed. Al die briewe is gerig aan Laura van Wyk en dit kom van korporaal SJ de Jager van Oshakati af.
Waarom is die briewe in die tas langs die pad gelos? Wie het dit daar gelos? Wie is Laura van Wyk en wie is korporaal Stefan de Jager?

  • 1
    In Ink Luister Stories - Hokaai, Stop die Troue!!

    In Ink Luister Stories - Hokaai, Stop die Troue!!

    27m 5s