In Ink Luister Stories - Met Verloop van Tyd
In 1969 leef Lienkie Conradie, die dogter van ’n streng en briljante wetenskaplike, Felix Conradie, ’n gewone tienerlewe - tot haar hart deur Manie du Preez gesteel word. Hulle liefde, wat by ’n tienerkamp begin het, blom vir twee jaar lank, maar word skielik deur Lienkie se pa verbied. Hy glo Manie is nie goed genoeg vir sy dogter nie, en hoop die verhouding sal verbrokkel.
Manie is egter vasberade. Hy belowe om vir Lienkie te veg, selfs sonder haar pa se toestemming. Wat hy nie weet nie, is dat Felix aan ’n geheime projek werk, ’n tydmasjien wat die verloop van hulle lewens onherroeplik sal verander.
Wanneer Manie per ongeluk aan die tydmasjien se knoppies druk, verdwyn hy in ’n flits, reguit na die jaar 2031.
Sal Manie en Lienkie mekaar in die toekoms vind?
Episode Title
- 1

In Ink Luister Stories - Met Verloop van Tyd
28m 31s
Jou mense. Jou taal. Jou
Afrikaans.