Konings

Vrygestel: 1992
Tydsduur: 45min
Ouderdomsbeperking: Geen
Konings is ’n bekroonde dramareeks oor ambisie, verraad en die prys van sukses. Dolf Groenewald begin sy lewe as ’n arm weeskind met net een ding wat niemand van hom kan wegneem nie: ’n droom. Hy droom van ’n kruidenierswinkel so groot soos ’n rugbyv...

Konings is ’n bekroonde dramareeks oor ambisie, verraad en die prys van sukses.
Dolf Groenewald begin sy lewe as ’n arm weeskind met net een ding wat niemand van hom kan wegneem nie: ’n droom. Hy droom van ’n kruidenierswinkel so groot soos ’n rugbyveld, ’n plek waar alles moontlik is, en waar hy nooit weer die armoede van sy kinderdae hoef te ervaar nie.
Ná die dood van sy ouers neem Jollyboy, sy pa se voormalige vennoot, hom onder sy vlerk. Herman, Jollyboy se seun, beskou Dolf as ’n indringer en ’n bedreiging. Wat begin as stille vyandskap, groei tot ’n lewenslange stryd om mag, liefde en erkenning. Met die ondersteuning van Jollyboy, Syd en Oom Koos Bensien verwesenlik Dolf sy droom en open Superspaar. Sukses kom egter teen ’n prys. Santie, die liefde van sy lewe, trou met Herman, en soos Superspaar tot ’n magtige onderneming groei, word dit vir Dolf al hoe moeiliker om beheer oor sy sakeryk en sy eie hart te behou.
Neem asseblief kennis dat hierdie reeks in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.

  • 1
    Konings Ep01

    Konings Ep01

    45m 18s
  • 2
    Konings Ep02

    Konings Ep02

    46m 9s
  • 3
    Konings Ep03

    Konings Ep03

    47m 32s
  • 4
    Konings Ep04

    Konings Ep04

    47m 18s
  • 5
    Konings Ep05

    Konings Ep05

    45m 20s
  • 6
    Konings Ep06

    Konings Ep06

    45m 12s
  • 7
    Konings Ep07

    Konings Ep07

    45m 7s
  • 8
    Konings Ep08

    Konings Ep08

    45m 28s
  • 9
    Konings Ep09

    Konings Ep09

    48m 5s
  • 10
    Konings Ep10

    Konings Ep10

    47m 26s
  • 11
    Konings Ep11

    Konings Ep11

    47m 44s
  • 12
    Konings Ep12

    Konings Ep12

    47m 51s
  • 13
    Konings Ep13

    Konings Ep13

    47m 19s
  • 14
    Konings Ep14

    Konings Ep14

    47m 20s
  • 15
    Konings Ep15

    Konings Ep15

    47m 41s
  • 16
    Konings Ep16

    Konings Ep16

    46m 11s
  • 17
    Konings Ep17

    Konings Ep17

    46m 18s
  • 18
    Konings Ep18

    Konings Ep18

    46m 34s
  • 19
    Konings Ep19

    Konings Ep19

    46m 18s
  • 20
    Konings Ep20

    Konings Ep20

    48m 56s