Renosters Op die Wenpad

Vrygestel: 1997
Tydsduur: 51min 04sek
Ouderdomsbeperking: Geen
Hierdie dokumentêr beeld die harde en indrukwekkende storie van die Afrika renoster se veg vir oorlewing uit, nie net teen die mens nie, maar ook teen ‘n onverwagte vyand in die Afrika bos. Die mens se inmenging deur om die natuurlike populasie van d...

Hierdie dokumentêr beeld die harde en indrukwekkende storie van die Afrika renoster se veg vir oorlewing uit, nie net teen die mens nie, maar ook teen ‘n onverwagte vyand in die Afrika bos. Die mens se inmenging deur om die natuurlike populasie van die renoster te venietig en dit dan te probeer herstel en te beskerm, het ‘n groot impak gehad op die wyse waarop die renoster en sy vyand met mekaar reageer in die natuur. In die Plianesberg Natuurreservaat in die Noord-Wes provinsie van Suid Afrika is daar unieke tonele vasgevang op video wat uitbeeld hoe renosters sonder rede aangeval word deur hul vyand, telkemaal tot die dood toe. Rare renoster gedrag en die ongewone en versteurende gebeure tussen twee van Afrika se grootse soogdiere word uitgebeeld in hierdie film. Die Afrika renoster is ‘n ware beeld van hoe die natuurlewe oorleef teen alle teenspoed.

  • 1
    Renosters Op die Wenpad

    Renosters Op die Wenpad

    51m 5s